11/21/2009 6:43:11 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: Groot Asb
Boodskap: More aan amal hier. Dis alweer net ekke, en ek kom vra mooi, om weer vir my baas te bid. Daar het weer 'n huurder die naweek, soos 'n dief in die nag verdwyn, en die ergste van alles is dat hulle nie eers die telefoon antwoord nie, hulle het van werk verander, en hulle skuld ook 'n groot bedrag geld. ASB, ek het my baas gister gesien, en sy is regtig plat geslaan, sy wil net weet hoekom word sy gestraf!!?? Dan ons asb haar en elke ander besigheid seen en vir elke persoon in ons gebede hou. *Vader, ek kom vanoggend na U toe, ek ek buig in aanbidding voor U neer. Vader ek weet ons is sondige mense, Vader ek kom vanoggend na U toe om vir U te vra om my te vergewe, Vader ek weet ek is verkeerd, ek weet ek spandeer nie genoeg tyd in U Woord nie. Vader sal U my asb vergewe. Vader vanoggend wil ek graag my baas voor U voete neer le, Vader U ken haar hart, U ken haar pyn en hartseer. Vader U weet hoe hard het sy gewerk om die besigheid tot hier te bring, en U weet hoe hard werk sy nou om almal gelukkig te hou. Vader sal U haar asb in U hande toevou, sodat sy U liefde kan voel. Vader my gebed is ook dat U vir my die krag sal gee om haar bytestaan in hierdie tye. Vader dan wil ek vir elke besigheid daar buite bid, Vader sal U elke werkgewer, en werkneemer sal U asb vir hulle seen, sodat hulle die beste in hulself uitbring tot voordeel van die maatskappy. Vader U is ons Grote God, U sal ons 'n antwoord of uitweg gee, in U tyd, sal U ons asb die geduld gee om te wag vir die perfekte tyd. VAder dankie vir U liefde, dankie vir elke gebeds vriend en vriendin hier, hierdie is ons spesiaale bymekaar kom plek, en hier leer ons meer van mekaar. Vader baie dankie vir al U liefde, en dankie dat ons hier in hierdie kamer ons harte kan uitpraat, en weet U seen hierdie gebedsblad!, In Jesus naam AMEN*
Gepos op: 03/11/2009 08:06
Gepos deur: Chantelle
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising