11/21/2009 6:47:03 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: Bid asb vir my
Boodskap: Liewe gebedsvriende en -vriendinne, hoewel ek nie dikwels meer op versoeke antwoord nie, kom kyk ek elke dag en ek bid vir elkeen hier met sy/haar besondere behoefte. Ek wil vandag vir julle vra om vir my te bid vir krag en genade hierdie week. Donderdag sal dit 1 jaar wees sedert my man so skielik na sy hemelse huis toe is, en alhoewel ek weet hy is veilig aan die voete van Jesus, mis ek en my seun hom so ontsettend baie. Ek weet ek was dapper en sterk tot nou toe deur Sy krag, maar sedert die naweek begin die donker op my toesak en ek voel sommer fisies ook nie lekker nie. Bid asb vir ons vir troos, en dat ek ook die regte woorde en dade gegee sal word om my seuh ook deur die moeilike tyd te help. Liewe Vader, dankie vir hierdie wonderlike gebedsgemeenskap, en dat U ons gedra het deur hierdie hartseer jaar. Dankie dat ons kan weet U kan alles weer nuut maak. U Naam ter ere, Amen
Gepos op: 03/11/2009 08:55
Gepos deur: Hartseer Mamma
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising