11/21/2009 6:46:40 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: hoe nou gemaak?
Boodskap: Hoe gemaak as jou man se tiener dogter by jou kom, en vra of jy haar sal mis as sy nie meer daar is nie. Ek het getroos, saam haar gehuil, haar belowe sy is ons Ster, haar probeer vashou en bemoedig, maar ek sien hoe rol die seer oor daardie kind se wange. Ek sien die verwerping van haar ma wat haar breek, en sien hoe seer sy kry terwyl sy daagliks weg gestoot word. Ek en hierdie kind het die tipe band wat ek glo elke ma en hul dogter moet he, ek moet vir die Here dankie se dat Hy hierdie dogter in 'n instant myne gemaak het. My hart bloei vir haar, ek kan en mag nie haar vrae als antwoord nie. Sy is so deurmekaar, haar hartjie is so baie seer, sy voel alleen, eensaam, voel weg gestoot, sy voel bang, sy voel onmisbaar, ek dink sy voel als wat 'n kind nie moet voel nie. My hart bloei, en probeer haar optel, haar deur hierdie ding trek. Sy is so vulnerable, so maklik beinvloedbaar, ek kry haar so jammer. Ek is nie haar eie mamma nie, maar tog voel dit of ek vir hierdie kind berge kan versit. Ek weet nie hoe om dit te hanteer as ek sien hoe onregverdig sy behandel word nie. Sy is die model kind, en kry die straatkind behandeling van haar ma af, en ongelukkig is my man buite voeling met die ding, hy sien nie waar ek sien nie. Sy praat nie met hom hieroor nie, sy voel tot weg gestoot van hom af. Hoe kan ek haar verseker dat sy nie alleen is nie. Dat ons haar ongelooflik lief het. Dat sy so gemis sal word, en dat sy nooit die looser is wat sy glo sy is nie.... Ek het julle gebede nodig, julle raad. Ek is so bang ons verloor hierdie kind - ons moet haar dood eenvoudig net bereik, die ergste is, die hand waarna sy uitreik ( haar ma ) bly haar wegstoot... Here - Ek dra hierdie kind - liewer jong vrou aan U op, U ken haar seer, haar bekommernisse, die dinge wat aan haar kou, U weet wat dit is waarmee sy wroeg, vat haar hand Here - al is sy tot nou deurmekaar oor waar sy staan in geloof, vat haar hand, en wys haar waarheen sy moet gaan. Sy het U nodig, en Here ek ook, want alleen kan ek haar nie bereik nie. Ek bid dit in Jesus naam! amen
Gepos op: 03/11/2009 09:27
Gepos deur: leila
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising