 |
|
|
 |
|
|
|
| Kom ons bid vir mekaar
|
| Onderwerp: |
Hartseer Mamma |
| Boodskap: |
Hi - ek wil myself nie eers in jou situasie probeer indink nie. weet net dat jy in my gebede is en weet jy ek dink jy mag in 'n hoekie gaan sit en die botteltjie binne bietjie leeg maak deur trane. jy bly 'n mens en jy bly 'n vrou wat haar man mis. Het jy al vir hom 'n brief geskryf waarin jy al jou hartseer en verlange sit. probeer dit bietjie - stukkie vir stukkie laat mens die eina's wat diep binne is uit. moenie jouself te veel probeer "sterk" hou nie en ek se dit baie saggies en met respek. dis normaal om steeds seer te he. mag God jou styf vashou in hierdie tyd so ook jou seun. mag julle getroos word met rustigheid - soos jy self se ons weet waar hy is, maar dit gaan nie jou menslike gemis wegneem nie. Ek vra dat God jou sal rustig maak en dat hy die donker sal verdryf sodat jy die warm strale van die son sal sien en voel. |
| Gepos op: |
03/11/2009 09:28 |
| Gepos deur: |
zirkia |
|
| Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|