11/21/2009 6:48:07 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: Warren - Jou huwelik en verbitterheid
Boodskap: My liewe vriend, mag ek gou vir jou bid - Here hierdie man het U meer nodig as wat hy besef. Hy is erg ontsteld, en voel of hy tenagekom is, Here wys hom weer terug na die pad waar hy kan glo. Warren - Ek is jammer jy voel so, ek dink so baie van ons voel op 'n stadium in ons verhoudings so. Ek dink jy moet rustig raak. Jy is duidelik ontsteld, en jy het eers nodig om vrede te vind. Wat ookal moet gebeur, sal. Jy moet net onthou, jy kan nie die dinge verhoed nie. Die Here beproef ons op telke maniere, en jou teks hierbo, is 'n duidelike teken daarvan. Ek dink vannaand moet jy op jou kniee gaan, en vir die Here vra om die storms in jou te stil. Ek dink terwyl jy op jou kniee is, bid en se dankie dat jy nog 'n vrou het, en kinders het. Ek dink daar is baie mense op straat, wat smag na 'n familie. Niemand van ons is sonder foute nie. Niemand van ons is volmaak nie, ongelukkig ook nie jou vrou nie. Jy moet haar ook die kans gun om menselik te wees en foute te maak. Die brief is op die webpage, en ek is bly, want ek dink jy het soveel gebede nodig soos wat jy kan kry. Niemand kan vir jou aan 'n instant oplossing dink nie, maar ek kan jou verseker - selfmoord is dit ook nie. Wat van jou kindertjies wat agterbly. Jy moet geloof terug vat, en glo dat die Here jou nie vergeet het nie, en dat hy jou en jou vrou weer bymekaar gaan bring. Julle het nodig om mekaar te vind, en julle het nodig om die gevaarplekke raak te sien, en dit te begin hanteer, met baba treetjies. Ek verstaan sy doen dinge wat jy nie mee saamstem nie, en dalk is daar baie dinge wat jy doen wat haar net so smoorkwaad maak, maar onthou net - Ons is elkeen uniek geskape na God se beeld. Elkeen van ons het 'n doel - en dalk is jy op 'n kronkel pad wat joune aanbetref. Moet nie so moedeloos wees en toelaat dat die Duiwel jou so negatief kry nie. Die tong is 'n baie skerp wapen, en moet dit nie teen jouself gebruik nie. Jy mag nie opgee nie, jy moet glo dat julle saam met Jesus hierdie probleme van julle sal oorkom. Julle moet glo dat Hy die enigeste antwoord gaan wees op julle gebede - WANT JA BY GOD IS ALS MOONTLIK. Jy het nie nodig om enige iets aan enige iemand te verduidelik nie, behalwe natuurlik vir jouself en vir God, al is jy hoe moeg, onthou net - God lei jou na waters waar rus is. Jy se jy het nog nooit ervaar dat God jou van elke behoefte voorsien het nie - Rig jou uitkyk bietjie anders. Jy het wonderlike kinders - die grootste geskenk van God - jy het 'n vrou, al is sy hoe menselik en verkeerd - 'n wonderlike geskenk van God - jy het nog jou lewe - Iets waarna elke iemand wat 'n geliefde verloor het smag - En jy het hierdie site - waar soveel mense vandag vir jou gaan bid. Jy gaan opstaan en aanhou met veg. Jy gaan glo dat die Here jou verlossing gaan bring in al jou node. Hy is jou antwoord vir elke liewe vraag wat jy het. En jy mag nie gaan le nie, onthou - Liewe Jesus gee jou niks wat jy nie kan hanteer nie. Staan op in geloof - glo hoop en vertrou. here ek bring die vriend na U Heer - Hy het U so nodig. amen
Gepos op: 03/11/2009 09:40
Gepos deur: Leila
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising