 |
|
|
 |
|
|
|
| Kom ons bid vir mekaar
|
| Onderwerp: |
Korrespondensie met ons Hemelse Vader |
| Boodskap: |
Koti dit is n wonderlike idee van n oopgesprek met ons Hemelse Vader, die Almagtige, by wie niks onmootlik is nie. Ek skryf al baie jare my gesprekke met die Vader en Jesus neer - baie keer babbel ek, die meeste kere begin die Hemelse Vader deur die Heilige Gees vir my skryf - die openbaringe en woorde van vertroosting en hoop is ongelooflik - dit is bemoedigend - soms kan ek nie vinnig genoeg skryf nie - die Heilige Gees dikteer, daar is nie tyd vir opkyk en rondkyk nie, dit is skryf en skryf - dan lees ek dit later, selfs jare later en sien die waarheid en die waarheid wat waar en n werklikheid geword het in my lewe - dit is n reistog wat soveel dankbaarheid en vreugde bring - die beloftes wat ek ontvang het, het nog nooit leeg teruggekeer nie. Baie liefde en sterkte met die avontuur van korrespondensie met die Almagtige Vader, die Skepper van Hemel en Aarde, wie my gevorm het en weet waarom ek gevorm is, vra en julle sal ontvang. |
| Gepos op: |
04/11/2009 07:19 |
| Gepos deur: |
Johan |
|
| Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|