11/21/2009 5:38:37 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: leila
Boodskap: ek staan sterk saam met jou in gebed. die duiwel val my huwelik net so aan - ek bid dat jy geseen sal word met krag en rustigheid - dat God dit self druppel vir druppel in jou gees sal laat val. ek bid vir jou man - as daar bose is wat hom aanval dat hy beskerm sal word teen dit. as hy besig is met iets wat nie volgens God se wil is nie, bid ek vir ingryping deur die Heilige Gees sodat hy sy geestelike oe op God sal rig en sy rug daarop sal draai. ek het my situasie vanoggend vir God gegee en die keuse gemaak om my oe op Hom te rig. jy weet wat my situasie is en dat drank en vriende tans seevier - as ek na jou luister wys God my dat ek wel dankbaar is dat daar nie ander goed ook by is nie. Hou moed my vriendin - ek het nie internet by die huis nie - my tel 083 444 7397 - as dit druk oor die naweek gooi maar 'n sms, al skribbel jou ook net bid, ek staan net daar saam met jou in aanbidding. ek hou jou in my gebede. wees sterk en glo saam met my dat God ons situasies gaan omkeer, dat albei ons mans die priesterskap in ons huise gaan oorneem. God is by jou en Hy hou jou vas - ek vra hom baie nederig om jou vrese stil te maak en jou te wys watter pad jy nou moet loop. weet dat jy nie alleen is nie.
Gepos op: 06/11/2009 07:09
Gepos deur: zirkia
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising