11/21/2009 5:26:07 AM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: 30 Dae uitdaging - Dag 5
Boodskap: Dag 5 > Bid dat jouman getrou aan sy huwelilsbeloftes sal bly. Bid dat hy die behoefte sal he om jul verhouding te ontwikkel as 'n teken van sy lojaliteit en verbintenis met jou, en as 'n simbool van God se liefde vir die kerk. Heer - U weet dat ek U gisteraand so nodig gehad het, en dat dit soveel van pas was op vandag se gebedjie. Here - ek kan getuig dat U daar was, en my gebed binne minute beantwoord het. Wat 'n seen was dit nie hier om hierheen te kom ontvlug om te vra vir die gebed nie. Here - ek dink elke een van ons met 'n gade - wil graag he ons gade moet getrou bly aan sy huweliks beloftes, en wil elke dag he ons gades moet die behoefte he om ons verhouding aan te hou met ontwikkel. Ons bid nie net vandag vir ons gades nie, maar ook vir onsself sodat U die areas waar ons ontwikkeling in ons verhoudings nodig het - kan aangryp met kreatiwiteit en opwinding, sodat ons opnuut ons liefde kan vier. Dankie Here - vir die handleiding wat ons kan gebruik, dat ons kan ervaar dat U ook deur 'n tydskrif met ons kom gesels. Vader dankie vir ons seeninge. Here - as hier iemand is wat stil worstel met 'n probleem, gee vir hulle asb die kalmte wat hul nodig het. Amen.
Gepos op: 06/11/2009 07:41
Gepos deur: leila
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising