11/21/2009 8:51:50 PM
Kom ons bid vir mekaar
Onderwerp: Louise E
Boodskap: Baie dankie vir jou raad. Ek myself sien dit baie dae soos jy dit sien. Ek moet weer leer om ten volle te vertrou, en alhoewel ek dit meeste van die tyd regkry, is daar soms dae wat die duiwel nog kan deurkom. Ek en hierdie man is al so lank in mekaar se lewe, en ons paaie was baie woes. Ek glo vir die eerste keer vandat ons saam is, dat hy my ook regtig lief het, soos ek hom het, en met die Here se hulp, het hy hand omkeer verander. Soms raak en nog bang en onseker, maar ek dink almal doen of hulle klaar getroud is, en of hulle soos ek op die randjie van trou staan. Dit het my lank gevat om oor sy vragie ( Sal jy met my trou ) te dink, Ek het hom meer as 2 jaar laat wag, en ek het vir Die Here gevra om my te lei hiermee, want ek WIL NIE TROU OM TE WEET SKEI IS 'N OPSIE NIE. Die oggend toe ek opstaan, toe weet ek geen verhouding is te deurmekaar vir God om te red nie. Hy is besig met ons sin, en soos jy net nou ges?et - dit is juis in die storm waters wat ek moet vasklou aan die vertroue... Miskien is dit nog 'n manier van God om my te beproef, en Hy het dadelik ook my weer geantwoord, nadat ek in gebed na hom gedraai het. Voorheen sal ek alles gedoen het, behalwe bid. Vandag weet ek verseker - Ek en hy gaan okey wees, want Die Here gee my die versekering daarvoor. Nes jy - glo ek ons het 'n doel, en ek gaan nie gaan le nou of ooit nie. Ek het lank gevat om te besluit of ek die regte ding doen, maar ek glo terwyl liefde 'n deel is van ons verhouding, sal ek vasklou en weet die Here sal nog meer regmaak daar waar dit nodig is. Dankie vir die omgee. Ek luister en neem graag in...
Gepos op: 06/11/2009 08:53
Gepos deur: Leila
Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder.
Naam:
E-pos:
Onderwerp:
Boodskap:
   
 
Home
FREE Newsletter
Competitions
Columnists
Blogs
Cartoons
Find restaurants
Terms and conditions
Contact Us
Advertising