 |
|
|
 |
|
|
|
| Kom ons bid vir mekaar
|
| Onderwerp: |
Man: nogsteeds in hospitaal |
| Boodskap: |
Hi julle, ek het Maandag laat weet my man word opgeneem in Unitas vir toetse. Hy's nogsteeds daar, en was vandag weer in teater. Die dokters weet nogsteeds nie wat fout is nie, en hul wag nog vir die biopsie uitslae. Kan julle asb (weer) saam my bid vir hom vir krag, vrede, genesing, pyn-vermindering, uitkoms en antwoorde sodat hulle hom kan behandel met die regte medisyne. Niks wat hulle tans vir hom gee, help vir die pyn nie. Bid ook asb dat hy nie in depressie of moedeloosheid sal verval nie, maar dat God hom sal oplig en versterk, en sy hoop sal wees. Bid ook asb vir my en ons 5 jarige seuntjie, wat dit nogal erg vat. Ons wil hom terug by die huis he en weer ons normale gesins-lewe hervat. Ek kan dit nie hanteer om hom in soveel pyn te sien nie, maar kan niks doen om hom te help nie. Ek verlang na my man, selfs al is ek by hom, want hy's nou al lank nie meer homself nie agv die erge pyn.
Dankie julle,
Michell. |
| Gepos op: |
06/11/2009 16:30 |
| Gepos deur: |
Michell |
|
| Voeg jou antwoord by die boodskap deur jou gedagtes hieronder. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|